Local NewsLocal newsNews

VIDEO + FOTO’s: Skoonhede beloof om kinderhuis te help

Armand du Plessis (Mnr Suid-Afrika) en Alberton se Schané Venter, 'n semi-finalis vir vanjaar se Mejuffrou Suid-Afrika kompetisie het die Alberton Kinderwelsyn kom besoek.

KINDERS is hulle passie.

Dit is die rede dat Mnr Suid-Afrika, Armand du Plessis, en Alberton se Schané Venter, ‘n Mej Suid-Afrika 2016 semi-finalis, by die Alberton Kinderwelsyn in Alberton-Noord betrokke wil wees.

SIEN VIDEO ONDER

Dié Kinderwelsynstak, ‘n nie-regeringsorganisasie, staan tans gebuk onder finansiële probleme en die besluit is reeds gemaak om die kindersorgsentrum, wat tans 21 kinders huisves, na ander organisasies oor te plaas, omdat die deure einde Maart gaan sluit

Armand en Schané het die tak Dinsdag, 27 Oktober, kom besoek. Hulle het komberse, lekkergoed en klere vir die kinders gebring, voordat daar ‘n ruk lank saam met hulle spandeer is.

Lees Ook: Children’s home in dire need of funds

Elmarie Kennedy, direkteur van die organsisasie, het die RECORD na die perseel van die kindersorgsentrum vergesel, terwyl sy vertel het van die nood wat hulle tans in die gesig staar.

“Ons beloof om alles in ons vermoë te doen om te keer dat die sorgsentrum sy deure sluit. Dié organisasie neem sy volwaardige plek in ons gemeenskap in en ek dink ‘n mens moet die gemeenskap net meer bewus maak van die werk wat hulle doen,” het Schané gesê.

“Ek gaan my beste doen om ander besighede in die area te kry om saam met my hande te vat sodat ons die organisasie kan bystaan.”

Lees Ook: Landdros pak 94,7km aan vir liefdadigheid

Armand, ‘n gegradueerde in regte van die Wes-Rand het gesê dit is die eerste keer wat hy by ‘n organisasie op die Oos-Rand betrokke raak.

Hy het, ondermeer, in kinderregte gespesialiseer, en sê dit is waarom organisasies soos dié vir hom baie na aan die hart lê.

“Almal is nie altyd in die posisie om finansiële bydraes te kan maak nie, maar ek dink as elkeen ‘n bietjie van hulle tyd gee, dan maak hulle reeds ‘n verskil. Dit is juis tyd wat nie gekoop kan word nie.”

BELOOF OM TE HELP: Alberton se eie skoonheid, Schané Venter, 'n Mej Suid-Afrika semi-finalis, wys dat sy by Alberton Kinderwelsyn betrokke wil raak.
BELOOF OM TE HELP: Alberton se eie skoonheid, Schané Venter, ‘n Mej Suid-Afrika semi-finalis, wys dat sy by Alberton Kinderwelsyn betrokke wil raak.

Hy het gesê dit was veral vir hom ‘n skok om te hoor dat Alberton ook sukkel met veral tienerswangerskappe en dwelmmisbruik onder die jeug.

“Daarom is dit belangrik om sulke organisasies te help, want hulle maak werklik ‘n verskil in die gemeenskap en in die samelewing.”

Schané het bygevoeg dat sy van die geleentheid om betrokke te raak, gaan gebruik om eerder as ‘n rolmodel, as om vir model raakgesien te word.

Verwante artikels:

• Children’s Home in dire need of funds

• Child Welfare underfunded by a staggering 70 per cent

• Waters will visit Alberton Child Welfare

Related Articles

Back to top button