EntertainmentLifestyle

Len en Stef sing My Sarie Marais

Die talentvolle, Len Muller, het kragte saamgesnoer met Stef Bos en het pas ’n ongelooflike funky en jong verwerking van My Sarie Marais bekendgestel.

ALBERTON- DIie talentvolle, Len Muller, het kragte saamgesnoer met Stef Bos en het sopas ’n ongelooflike verwerking van die klassieke My Sarie Marais bekendgestel. Hierdie liedjie verskyn ook op Len Muller se album, Doodgewone Avontuur, wat landwyd beskikbaar is en sterk oppad is na alle radiostasies.

“Van kleins af het ek en my boetie gereeld na Jim Reeves se plate geluister op die plaas. So het ons die lied My Sarie Marais leer ken en gereeld saamgesing. Dit was eers later toe ek my eie liedjies begin skryf het dat ek my eie verwerking wou doen van die liedjie,” verduidelik Len.

“Die groot rede hieragter is dat ek nog altyd voel die storie en lirieke van die lied praat van meer emosie as wat die tradisionele melodie kommunikeer. Daarom het ek ook vir Stef Bos gekontak en gevra of hy saam met my sou werk aan die lied. Ek is al lank ’n aanhanger van sy musiek omdat dit soveel emosie dra. Dit was ’n droom wat waar geword het toe hy instem om saam met my te werk en toe sommer ’n pragtige vers bygeskryf het vir die lied.”

Luister gerus na dié jong en funky rendisie van ’n ou gunsteling: https://www.youtube.com/watch?v=_uesdrbi2I8

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button