Local sportSport

Ryno Brits, ’n ware rolmodel

As akkurate stelskopper, kaptein, leier en spelskepper, het Ryno Brits die afgelope seisoen sy merk deeglik gemaak in A-Square Forklift Alberton se seniorspan.

ALBERTON- As akkurate stelskopper, kaptein, leier en spelskepper, het Ryno Brits die afgelope seisoen sy merk deeglik gemaak in A-Square Forklift Alberton se seniorspan.

Dié gewilde rugbyspeler, is ’n ware sportman wie se lewenslesse, motiverende gedagtes, ervarings en beginsels van sukses as inspirasie vir almal rondom hom dien.

“Solank as wat jou lewe aan God die Vader onderwerp is en jy deur die Gees van Jesus Christus lewe, sal God se plan vir jou lewe ’n werklikheid word. Vertrou God se plan vir jou lewe en ook dat die gewonde dinge wat met jou as rugbyspeler gebeur ’n doel dien,” verduidelik Ryno. Sy pa, ma en broers is sy grootste ondersteuners.

Ryno het vir vyf jaar by Laerskool Randhart met Meneer van Zyl as sy mentor rugby gespeel en is ook in die Leeus se o.13 proefspanne ingesluit. Sy hoërskoolrugby het by Hoërskool Marais Viljoen begin voor hy in graad 11 na Hoërskool Monument geskuif het.

Na twee jaar se swot by Pukke maak Ryno ook ’n draai by die Pumas vir die Vodacombeker. Beserings en dan ook die ongeluk wat sy fokus drie jaar gelede verander en sy geloof versterk het, het hom terug gebring na Wits vanaf 2012 tot 2013. Sedert verlede jaar is A-Square Forklift Alberton Rugbyklub sy nuwe tuiste waar hy in 2014 vereer is as die Alberton puntemaker van die jaar.

Ryno se hart klop vir Alberton en hy het reeds ander aanbiedinge van die hand gewys om hom toe te spits op rugby hier in ons kontrei.

Lees gerus: A-Square-Forklift Alberton come out tops in derby

Related Articles

Back to top button