Local newsLocal NewsNews

Helpende Hand vra jou hulp

Die Helpende Hand Alberton-tak help tans ’n Brackenhurst gesin wat alles verloor het en nou in ’n klein woonstel in hul ouma se tuin woon. Enige hulp sal baie waardeer word.

BRACKENHURST Solidariteit Helpende Hand Alberton-tak help tans ’n Brackenhurst gesin wat alles verloor het en nou in ’n klein tuinwoonstel woon.

Die gesin benodig dringend ’n yskas en tafel en stoele waar die drie laerskool kinders ook kan sit en leer. ’n Bank, beddens en beddegoed en ander meubelstukke soos bedkassies, ’n boekrak, kussings, gordyne, kombuis- en breekware sal ook waardeer word.

Kontak vir Judie Muller, die tak voorsitster, indien jy iets kan bydra. Judi sal reël vir die vervoer van donasies.

Stuur ’n e-pos na judi@justjudi.co.za

Verwante artikels:

• Helpende Hand brei 46 komberse

• Solidariteit skooltassieprojek is goed op dreef

• Solidariteit se kuierdag met vermaak

Related Articles

Back to top button