NewsSchools

Orion se redenaars nie bang vir praat nie

Vier leerlinge verteenwoordig hul skool by die ATKV Suid-Gauteng redenaars kompetisie.

BRACKENHURST — Vier graad 7 leerlinge van Laerskool Orion het onlangs ’n vierde plek behaal in die ATKV Suid-Gauteng redenaars kompetisie.

By die kompetisie, wat by Hoërskool Marais Viljoen gehou is, slaag die leerlinge, Frohan Henning, Anize Visser, Anje Schlebush en Debbie Pieters, daarin om die beoordelaars te oortuig dat die lewe ’n lied kan wees.

Hulle het ook die gehoor met hul humor en spitsvondigheid beïndruk.

Dié leerlinge het ook gedurende die eerste kwartaal Orion by die Super 12 verteenwoordig en ook daar ’n puik sessie gelewer.

Related Articles

Back to top button