NewsSchools

Orion se ruiters galop vorentoe

Vyf van Laerskool Orion se ruiters laat die skool borrel van trots.

BRACKENHURST ā€” LaerskoolĀ Orion is trots op hul ruiters wat onlangs groot sukses behaal het.

Die vyf ruiters, Ilse van Jaarsveld, Jani Coetzer, Alexis Terry, Rikus Strydom en Miescha Hammond het onlangs aan verskeie kompetisies wat deur die Suid-Afrikaanse nasionale skole-vereniging vir ruiterkuns (Sanesa) in Brakpan aangebied is, deelgeneem.

Alexis, ā€™n jong ruiter met jare se ondervinding, is die enigste ruiter wat na die nasionale kompetisie, wat in Oktober in Pretoria plaasvind, deurdring.

Haar prestasies vanjaar sluit, onder meer, ā€™n plek in Ekurhuleni en Gauteng se A-spanne in, en Alexis is ook as toegewyde ruiter vereer.

Die ander ruiters Ilse, Jani en Rikus is almal nuwelinge. Hulle en Miescha, wat as die Victrix Lidorum in haar vlak aangewys is, het self nie sleg gevaar nie.

Related Articles

Back to top button