Local newsNews

Solidariteit skooltassieprojek is goed op dreef

90 dames het die Solidariteit Helpende Hand se spogtee en veiling op 1 Augustus by Charvenue geniet. Die doel van die oggend was om fondse in te samel vir die nasionale skooltassieprojek.

ALBERTON- Negentig dames het Solidariteit Helpende Hand Alberton se spogtee en veiling op 1 Augustus by Charvenue geniet.

Die damestee was ’n heerlike en gesellige kuier oggend met smaaklike eetgoed en vermaak. Helpende Hand Gauteng Suid se ambassadeur, Zané van Rensburg het die dames met haar sang en liedjie keuses aangeraak.

Die interessante veiling het vir vele opwinding gesorg en dames het weggestap met prag skoene, skilderye en dies meer.

Al die fondse wat ingesamel is by die spogtee en veiling is ten bate van die nasionale tassieprojek waar tassies met skryfbehoeftes aan behoeftige graad een leerders gegee word. Só hoop Solidariteit Helpende Hand om behoeftige leerders te help om hul skoolloopbaan op ’n gelyke vlak met hulle maatjies te begin.

Solidariteit Helpende Hand Alberton poog om 200 graad eentjies in 2016, by te staan. Indien jy ’n verskil wil maak in ’n graad eentjie se lewe, skakel gerus vir Johan Olivier by 083 457 8009.

Related Articles

Back to top button