Local newsNews

Solidariteit Alberton bied damestee aan

Solidariteit Helpende Hande Alberton nooi alle dames uit na 'n hoogtee ten bate van minderbevoorregte graad eentjies. Helpende Hande beoog om 200 skooltassies te borg in 2016.

ALBERTON- Kom geniet ’n spogtee en veiling by die Solidariteit Helpende Hand Alberton-tak se Boks-Dais Hoogere Tee op 1 Augustus om 10:00.

Die damestee, wat gehou word by die Charvenue te 35 Kudustraat in Rispark, beloof om ’n heerlike en gesellige kuier oggend te wees met ’n interessante veiling wat vir vele opwinding gaan sorg.

Kaartjies vir die Boks-Dais Hoogere Tee beloop R120 per persoon. Al die fondse wat ingesamel word is ten bate van die Tassieprojek wat jaarliks skooltasse aan minderbevoorregte graad een leerders verskaf. Elke tassie bevat bykans R200 se skryfbehoeftes. Solidariteit Helpende Hand Alberton poog om in 2016, 200 skooltassies te borg.

Bring ’n vriendin saam en plaas ’n tassie in die hand van ’n graad eentjie!

Rig navrae aan Alta Hattingh by 084 913 7386 of stuur ’n epos na shh.alberton@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button