CompetitionsLifestyle

WEN ‘n Nuwe Dekade van Treffers CD!

Die room van Suid-Afrikaanse kunstenaars word op die ‘n Nuwe Dekade van Treffers album verwelkom en sal vir ‘n baie groot verskeidenheid aanhangers musiekplesier verskaf.

Steve Hofmeyr, Adam Tas, Emo Adams en Elvis Blue is ‘n paar van die bekende manne wat hul stemme op die nuwe album laat hoor. Die solo vroue wat ritmiese klanke verskaf sluit Juanita du Plessis, Nadine, Andriëtte en Nianell in.

‘n Nuwe Dekade van Treffers gaan die dansbane weer vol laat stroom en die volumeknoppies laat kreun.

‘n Versameling bekende treffers en die toevoeging van splinternuwe liedjies sal by elke luisteraar byval vind. As jy daardie “iets vir almal” album soek dan is ‘n Nuwe Dekade van Treffers die een vir 2015.

Dit is nie aldag dat jy ‘n album kan kry waarop 40 treffers verskyn nie. Die keuse van liedjies wat ‘n Nuwe Dekade van Treffers bevat verseker jou van ure se aanhoudende genot en afwisseling.

Die album bevat ‘n paar pragtige duette wat elke paartjie se saamsing liedjies sal word. Riaan Grobler en Rinel Dey se splinternuwe Mi Amore, Roux & Christi Cloete se Alles Naby My, asook Burgerd en Zita se Jy is my rede laat die verliefdes weer met blink oë na mekaar kyk.

Bekende groepe soos die Parlotones, Blackbyrd, Watershed en Prime Circle deel hulle gunstelinge op die album. Wie kan die kwaliteit van Joshua na die reën, Elizma Theron, Lloyd Cele, Willem Botha, Gerhard Steyn, Zahara en Vaughn Gardiner ignoreer?

Wanneer Steve Hofmeyr wegtrek met Sit die ligte aan, dan is elke musiek liefhebber se ore reeds gespits vir wat nog kom. ‘n Nuwe Dekade van Treffers se unieke samestelling met Afrikaans en Engelse kunstenaars se musiek sal vir ‘n wye mark vreugde bring. Dit is die ideale geskenk.

Om ‘n kans te staan om een van die CD’s te wen, antwoord hierdie maklike vraag:

Hoeveel treffers verskyn op die ‘n Nuwe Dekade van Treffers CD?

E-pos jou antwoord na meganb@caxton.co.za voor Vrydag 24 Julie om 12 uur die middag.

*As jy wen sal jy jou CD by ons Alberton kantore moet gaan afhaal. Alternatief kan jy iemand stuur om dit namens jou op te tel. Geen pakkies sal gepos word nie.

*Wenners sal by wyse van ‘n gelukkige trekking gekies word.

*Wenners sal deur e-pos gekontak word.

* Die kompetisie hardloop van Woensdag 22 Julie tot Vrydag 24 Julie om 12 uur die middag.

Competition Terms and Conditions

 

 

Related Articles

Back to top button