Local newsNewsSchools

Marais wen by Tuks-reeks netbal

Marais Viljoen se netbalspelers het die Tuks-reeks op 'n hoë noot afgesluit, met twee spanne wat eerste posisies behaal het en 'n algehele tweede plek in die reeks.

ALBERTON – Die semi-finaal en finaal van die reeks het op 1 en 2 Mei op Tukkies se gronde plaasgevind.

Marais Viljoen se spanne het as volg gevaar: Die o.18- en o.17-spanne het goue medaljes verwerf; die o.17-span het in die semi-finaal die Hoërskool Transvalia met 10-9 geklop en, in die finaal, vir die Hoërskool Kemptonpark met 19 doele teenoor 10 gewen.

Die o.18-span het in die semi-finaal teen HTS Middelburg te staan gekom, en 21 doele teenoor hulle 16 aangeteken. Hulle het die reeks gewen deur in die finaal met 20 doele teenoor 14 met Hoërskool Pietersburg af te reken.

Ander Marais Viljoen-spanne se finale posisies in die reeks was soos volg: o.16 het ‘n sesde plek behaal, o.15 ‘n 11de en o.14 ‘n agste plek.

Related Articles

Back to top button