EntertainmentLifestyle

Klipkoppiefees is vir almal se smaak

Die Klipkoppiefees is om die draai en vanjaar beloof dit om die fees der feeste te wees.

ALBERTON – Vir besoekers wag daar ‘n sterbelaaide program met bekende kunstenaars soos Snotkop, Nadine, Elvis Blue, Kurt Darren, Jak de Priester, Emo Adams and Band en vele meer,

Dan is daar die braaikompetisie en verskeie ander buitelug aktiwiteite vir oud en jonk, ‘n snuffelmark waar die meerderheid stalletjies handgemaakte items verkoop, buiteluguitstallers, die verskillende 4×4 roetes, pretloop – noem dit, dit is daar.

Gaskunstenaars sal as volg optree:

* Vrydag: Lizelle Smit, Zane, Karen Ferreira, Wicus van der Merwe, Snotkop, Elvis Blue, en daarna word daar tot laatnag gekuier saam met Henk Grimsell.

* Saterdag: Waldo Lotz, Nic Stevens, Jennifer Zamudio, Elvis se Seun, Jak de Priester, Wicus van der Merwe, Christo en Cobus, Nadine, Kurt Darren en Emo Adams & Band.

* Sondag: Willie Joubert, Dewald Gous, Adam, Broers en Riana Nel.

Met al hierdie aktiwiteite gaan die honger en dors beslis groot wees en ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies beloof om iets te bied vir elkeen se smaak. By die Watergat kan jy jou dors gaan les. So maak nou al jou dagboek skoon vir ‘n feesnaweek van Vrydag, 29 Mei tot Sondag 31 Mei.

Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar teen R100 vir dieVrydag, R150 vir die Saterdag, R50 vir Sondag en R200 vir ‘n naweekkaartjie. Kinders onder 12 jaar se toegang is grats.

Vir meer inligting besoek die Klipkoppiefees Facebookblad of hul webwerf by www.klipkoppiefees.co.za en hou hierdie spasie dop vir tye en meer besonderhede.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button