EntertainmentLifestyle

Dewald Wasserfall wen sy eerste Sama

Dewald Wasserfall het ’n Suid-Afrikaanse musiektoekenning (Sama) gewen vir die beste kontemporêre album in Afrikaans vir sy album, 'Ek en jy'.

ALBERTON- Dewald Wasserfall het op 19 April ’n Suid-Afrikaanse musiektoekenning (Sama) gewen vir die beste kontemporêre album in Afrikaans vir sy album Ek en jy. Dit was Dewald se eerste Sama-nominasie en dis ook die eerste keer wat hy dié prys losslaan.

Hy is ook vanjaar vir vier Ghoema-toekennings genomineer: beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar, manlike kunstenaar van die jaar, liedjie van die jaar (So eensaam soos die son) en beste liedjieskrywer.

“Dis ongelooflik belangrik om jouself te omring met mense wat jou inspireer,” het Dewald voor die toekenningsaand gesê. “Ek respekteer elke persoon wat aan hierdie album gewerk het geweldig baie.”

Twee van die liedjies op Ek en jy, Gebore om te lewe en So eensaam soos die son, het reeds die nommer een-posisie op verskeie radiostasies se trefferlyste behaal. Aanhangers in Nederland en België kan uitsien na Dewald se besoek aan dié lande in Junie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button