Community AnnouncementsNews

Wen ‘n kruiwa vol kruideniersware

Alberton Manskoor het 'n fondsinsamelingsprojek geloods waarvan hulle die opbrengs met Stepping Stone Hospice and Care Services gaan deel.

ALBERTON – Gaan maak gerus ‘n draai by Meyersdal Spar om die kruiwa, gelaai met goedere ter waarde van R2 500, te besigtig en jou kaartjie vir die trekking te koop. Hierdie kruiwa is gelaai met daai nie-alledaagse lekker-bederf-kruideniersware, ‘n voedselstomer en allerlei lekkernye.

Die koor wil van die geleentheid gebruik maak om die eienaar van Meyersdal Spar te bedank vir sy goedhartigheid dat hulle hul projek vandaar af kan bemark, en ook die eienaar van Brackenwest Hardeware wat die kruiwa geskenk het.

Die koor doen met vrymoedigheid ‘n beroep op besighede en inwoners in Alberton om betrokke te raak by die projek.

Kaartjies sal by die Meyersdal Spar beskikbaar wees. Jy kan ook vir Rienie Venter bel by 083 232 0359 vir kaartjies, of indien jy ‘n eenmalige skenking wil maak.

Die trekkingsdatum is 2 Mei om 12:00 by Meyersdal Spar.

Related Articles

Back to top button