Local newsNews

VLU Dinwiddie stap weg met die loure

Dinwiddie VLU tak het rede om fees te vier met algehele oorwinning van Streekskonferensie.

ALBERTON- Die Dinwiddie VLU tak het rede om fees te vier met hul algehele oorwinning by die Streekskonferensie.

Dinwiddie is as die algehele wenner asook wenner van die kongres en konferensie afdelings aangewys.

Individuele pryse is gewen deur Ria van den Tillaard vir die beste voorsitster veslag, Corrie Raubenheimer vir die meeste punte, Ria van Rensburg vir haar serp en Rina Mowbray vir kruisiesteek borduur en kreatiewe breiwerk teemus.

Die tak se lede wen ook talle tweede en derde pryse en doen baie goed in die prysuitdeling.

Rina Mowbray stap weg met die eerste prys vir masjienwerk, breiwerk, handflyt, hekel, borduur, herwinning, ope afdeling, konferensie en die meeste punte.

Corrie Raubenheimer wen die gebak en gebottel-afdeling, Magriet van der Walt neem die eerste plek vir haar fotografie, Ria van den Tillaard wen prosa en Ria Hawthorne wen die blomme-afdeling. Debbie kry ook ‘n prys vir beste vordering.

Die tak vergader elke derde Donderdag-oggend van die maand om 9:30 by die NG Kerk Verwoerdpark. Nuwe lede is welkom om saam met ons te kom kuier.

Bel gerus vir Rina Mowbray, skakelbeampte van die VLU Dinwiddie by 082 376 1900.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button