Local newsNews

Bejaardes kuier steeds by Ligstad

Sedert Ligstad se opening in 2012 is een van die projekte wat van krag tot krag groei, die dienste wat aan die bejaardes in die gemeenskap van Alberton gelewer word.

ALBERTON – Weekliks kom tussen 20 en 30 bejaardes op ‘n Vrydagoggend om 10:00 by Ligstad bymekaar, waar hulle die geleentheid kry om met hul portuurgroep tyd te spandeer, hulle geestelik bedien word en waar hulle sommer net bederf word met liefde, die Woord, tee/koffie en lekker eetgoed.

Danksy ‘n groep getroue vrywilligers wat week na week hul tyd opoffer, verloop die byeenkomste seepglad en georganiseerd en is daar weekliks genoeg fisieke en geestelike versnaperinge om die bejaardes geestelik en fisies versorg huis toe te stuur met die verwagting dat hulle die volgende Vrydag weer kan kom kuier. Bejaardes wat nie eie vervoer het nie, kan bel sodat vervoer vir hulle gereël kan word.

Indien jy weet van ‘n eensame bejaarde in die omgewing, of self ‘n senior burger is wat graag wil deel word van die groep, is jy baie welkom om Alida Jooste by Ligstad by 079 693 3666 te bel vir meer besonderhede.

Ligstad is geleë op die hoek van Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat in Alberton-Noord,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button