LettersOpinion

Bedelaars is ook mense

Met verwysing na die artikel 'Bedelaars – so kan jy help' in verlede week se Alberton REKORD.

ALBERTON – Ons, die huisloses en bedelaars, is bitterlik teleurgesteld oor die uitsprake wat gelug word sonder om ons te nader, en sien die uitsprake as ‘n belediging. Ons vra van die publiek om met hul eie insig op die situasie te reageer.

Die CMR se mening oor hoe ons en ander se behoeftes is, is oningelig. Op die straat waar ons woon, het ons geen kontak of hulp van die CMR nie. Hulle sê hulle het maatskaplike werkers, waar is hulle? Ons ken hulle nie. Ons lees net van hulle en hul opinies oor ons en ons leefwyse, ons lees oor hulle besluit namens ons en oor hulle ‘gift-vouchers’.

Dit was vir ons ‘n groot skok toe ons lees dat daar nog mense is wat voel dat hulle besluite namens ander kan neem, net omdat die ander minder bevoorreg is. Wie kan in vandag se tyd van R20 lewe? Moenie agter jou hoë mure besluite neem oor iets wat jy geen benul van het nie. Sal jy met R20 ‘n dag, week of maand oor die weg kan kom?

Ons vra dat hulle eers navorsing doen. Kom praat met ons. Die wat nie op straat leef nie, het geen benul van ons behoeftes nie. ‘n Graad leer geen persoon van ‘homeless’ wees nie, kom ervaar dit self.

Ons nooi enige een wat belangstel om saam ons te kom leef, op die straat. Kom vra ons wat ons insette is voor julle artikels in die koerant laat plaas.

Ons wil díe dank wat wel vir ons sop en brood bedien, wat ons help, vir ons kos gee en met ons kommunikeer.

Onthou asseblief dat ons ook mense is en volgens die grondwet het ons ook regte, dieselfde as julle, niks meer of niks minder nie. Gelyk as mens. Respekteer ons en ons respekteer julle.

King. B, namens almal op straat, die Homeless en die Bedelaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button