Local newsNews

Alberton Tuiste vir Bejaardes se 40 jaar tydlyn en planne vir die jaar.

Alberton Tuiste vir Bejaardes vier hul 40ste bestaansjaar en nooi almal uit na hulle kermis.

TYDLYN vir die Alberton Tuiste vir Bejaardes:

1972 – ‘n Behoefte-bepaling wys dat Alberton ‘n ouetehuis nodig het.

1973 – Die NG kerk stel van sy grond beskikbaar vir die uitsluitlike gebruik vir verswakte sorg.

1974 – Die Alberton Tuiste vir Bejaardes word geopen met sewe inwoners.

1987 – Die Tuiste word vergroot namate die waglys langer word.

1989 – Dr. J.E. Pieterse van die departement van gesondheidsdienste onthul die plaat vir die nuwe afdeling.

1993 – Vyftien selfsorg huise met lewensreg word aangebou.

1998 – ‘n Lapa word opgerig.

2009 – Matrone van 28 jaar, Rina Flemix is oorlede

2009- ‘n Doekeverwerker masjien word in gebruik geneem wat deur die Lotto geskenk is.

2009 – ‘n Nuwe matrone, Salome Niemann, word aangestel in September.

2010 – Badkamers word opgegradeer.

2011 – CCTV word in die gange en buite aangebring.

2012 – Die lapa word verander in ‘n aktiwiteitsaal.

2012 – ‘n Watertenk word geĆÆnstalleer wat verseker dat water altyd beskikbaar is.

2013- Stormwater dreineringstelsel word opgegradeer.

2013 – Die spyseniering word uitgekontrakteer aan Reef Caterers.

2014 – Twee verpleegsusters woon ‘n drie-maande Dementia/Alzheimers versorgingskursus by van Wits Universiteit.

2014 – 40ste Bestaansjaar.

2015 en voorentoe:

Die Tuiste beplan ‘n groot kermis by die perseel op 28 Februarie met ‘n vlooimark en heelwat kosstalletjies. Dit sal ‘n jaarlikse installing wees op die laaste Saterdag van elke Februarie, en hulle hoop om dit verder uit te brei met die verloop van die jare. Planne om die Tuiste se vooraansig te verbeter deur die ontvangs area vorentoe te skuif en te moderniseer is klaar ingedien by die munisipaliteit. Hulle nooi die publiek uit om die feestelike kermis oggend te kom ondersteun.

Hierdie is ‘n tuiste wat verseker die inwoners bly aktief en word gestimuleer. Daar is tans 102 beddens waarvan 15 woonstelle lewensregte het. Die Alberton Tuiste is een van sewe tuistes in die streek wat onder die HoĆ«veld sinode van die NG kerk funksioneer en gemonitor word deur Maatskaplike dienste. Die huidige matrone, Salome Niemann, het vir 25 jaar by die Unie Hospitaal in die trauma afdeling gewerk, en die laaste 15 jaar van haar loopbaan daar was sy die bestuurder van die Trauma afdeling. Sy straal deernis en besorgdheid uit en haar doel is om die Tuiste net nog verder te verbeter vir die bejaardes wat daar tuisgaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button