Local newsNews

‘n Man met vise en passie in ons midde.

Pastoor Andries Enslin het groot drome vir die toekoms en hoop om 'n sentrum te bou waar mense in hulle totaliteit bedien kan word.

ALBERTON- Die ding wat my sal bybly van Andries Enslin is sy groot visie, en ondanks alles, sy nederigheid.

Alberton Lewenssentrum vier oor ‘n paar maande hul 16de bestaansjaar. As mens terugkyk na 1999 se eerste erediens, met 45 mense in die Laerskool Randhart skool, is dit ongelooflike groei na die 6 000 lidmate van vandag.

Andries het in graad 8 ‘n baie sterk roeping ervaar en dit met sy ouers gedeel in graad 9. Op daardie stadium het hulle vir hom die storie van sy geboorte vertel. Andries was baie siek en sy familie het vir hom gebid. Na die tyd het sy ma belowe om hom aan die bediening te gee as hy gesond word. Hulle het altyd geweet Andries sal eendag in die bediening staan, maar het hom nooit vertel nie. Hulle het gewag dat God dit aan hom openbaar en hulle het dit net bevestig.

Andries voel dat een van die redes hoekom Alberton Lewenssentrum so gegroei het, is die aanklank wat die gemeente daarby vind. Die kerk reflekteer die mense in die omgewing, praat hulle taal, trek soos hulle aan, deel hul kultuur. Vele ooreenkomste kan mense nader aan mekaar bring en dit makliker maak om verhouddings te bou en die evangelie te deel.

Die ander rede is dat die kerk God se genade ervaar en wysheid ontvang. Nuwe leringe word met sensitiwiteit behandel en die gemeente word stadig aan nuwe uidagings blootgestel. Andries weet geduld is van groot belang as jy met mense werk.

Alberton Lewenssentrum saai sedert Januarie Die Woord uit oor e-tv, nadat die kontrak met Kyknet tot ‘n einde gekom het. ‘n Anonieme donasie maak die uitsaai van die program moontlik tot einde Maart. Die gemeente sal vorentoe besluit hoe om die paadjie te stap en kyk of daar nog fondse geskenk word om die hoë kostes te dek.

Oor planne en visie vir die jaar bid hulle nog. Die gemeente wil ‘n balans bewerkstellig itv hoeweel energie en tyd in watter bediening ingaan. Hulle dink daaraan om ‘n nuwe kerk te plant en vennootskappe met ander pastore te bou.

Hulle wil ook die Internetbediening, wat tans 10 000 mense bereik, verder bemark en meer mense daarvan bewus maak.

‘n Groot droom in Andries se hart vir die toekoms is die bou van ‘n sentrum in Alberton. Die sentrum moet ‘n kliniek hê met gratis mediese sorg, ‘n skool, naskool, aftree-oord en ‘n jeugsentrum. Dit moet ‘n plek wees waar mense op ‘n holistiese basis bedien kan word. Elke aspek van hul menswees moet aandag kry.

Die kerk het klaar die grond geïdentifiseer waar hulle die sentrum graag wil bou en is in die proses om die droom ‘n werklikheid te maak.

Related Articles

Back to top button