Local sportSport

Duitse toerspan besoek Ekurhuleni

‘n Duitse stoeispan bestaande uit kadet- en junior stoeiers van die Sachsen provinsie in Duitsland het gedurende Oktober hier kom besoek aflê.

ALBERTON – Die Duitse stoeispan se eerste teenstanders was in Ekurhuleni ‘n Brakpan uitnodigingspan in Brakpan, waar 24 stoeikragmetings plaasgevind het met twee stoeiers met Albertonverbintenis daar in aksie.

In die harde gevegte, kon die tuisspan slegs twee kragmetings wen.

Volgens Alberton se wêreldkampioenskap-meesterstoeier Chris Sutton het “die uitnodigingspan baie goed gestoei teen die Duitsers, maar dit was veral opvallend dat die Duitse stoeiers baie sterker as die plaaslike stoeiers is, en ook in ‘n baie beter fiksheidskondisie as die plaaslike stoeiers was.

Die twee stoeiers van die uitnodigingspan wat aan die wenkant was, is:

Onder 15 jaar 50kg Ruben van den Berg (Elsburg Stoeiklub) teen Lucas Kahnt (Duitsland), terwyl in die junior 81kg Martin Erasmus (Brakpan Stoeiklub teen Benjamin Optiz (Duitsland) geseëvier het.

Alberton Stoeiklub se een stoeier Bruce Verburg het teen Julian Gephard gestoei maar het met ‘n val in die eerste ronde verloor.

Jacques Kriel, ‘n leerder van Hoërskool Alberton (Elsburg Stoeiklub) wat ‘n o.14 stoeier is, het teen Duitse o.16 stoeier Darios Wedekind te staan gekom en het eers in die tweede rondte met ‘n val verloor.

Na die besoek aan Ekurhuleni, het die toerspan ook deelgeneem teen uitnodigingspanne in Gauteng-Noord en Mpumulanga.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button