EntertainmentLifestyle

Hollywood vir Leading Lady

Veteraan Hollywood-akteur gaan Suid-Afrikaanse première van Leading Lady bywoon

Die opwindende nuus is bevestig!  Kanadese akteur, Gil Bellows, sal op 9 November in Suid-Afrika aankom om die amptelike première van die fliek Lading Lady op 13 November 2014 in Johannesburg by te woon.

Gil Bellows is ‘n veteraan Hollywood-akteur met meer as 80 televisie en rolprentkrediete, benewens betrokkenheid as vervaardiger, skrywer en regisseur; en tydens ‘n ontmoeting in Los Angeles in vroeg-2013 bied regisseur Henk Pretorius dadelik vir Gil ‘n rol in Leading Lady aan.

Gil is waarskynlik meer bekend vir sy werk in die rolprent, The Shawshank Redemption, en die populêre televisiereeks, Ally McBeal.

Hy tree ook op in Love and a .45, The Weatherman, Parkland, Kill the Messenger (teenoor Jeremy Renner), Dead Draw en The Secret Place — almal geskeduleer om in 2014 vrygestel te word en is tans besig met verfilming aan Life on the Line met John Travolta.

Hy is die Emmy-bekroonde en Golden Globe-genomineerde vervaardiger van Temple Grandin, en het sopas sy regisseursdebuut met 3 Days in Havana gemaak.

Dié Hollywoodse akteur met meer as 80 rolprente en televisie-krediete, vertolk die rol van Jodi Rutherford (Katie McGrath) se kêrel, Daniel Taylor, in hierdie klassieke romantiese komedie. Met haar besoek aan Suid-Afrika besef Katie gou dat die enigste ding beter as silwerdoekroem, die Vrystaatse boer, Kobus Willemse (Bok van Blerk), is.

Op die stel van Leading Lady was dit die eerste keer dat die liefling van die Suid-Afrikaanse verhoog en silwerdoek, Brümilda van Rensburg, kon uitroep: “Goeie genade! Ek is deel van ‘n ware, sterbelaaide rolprent!” — en dan bloos in die teenwoordigheid van Gil Bellows.

In ‘n twitter boodskap gisteraand het hy sy opgewondenheid gewys om Suid-Afrika te besoek deur te sê:  “Can’t wait to be a part of it!  #BringItOn!”

Henk Pretorius (Fanie Fourie’s Lobola) is die regisseur van Leading Lady, en hy en Llewelynn Greeff is die vervaardigers.

Leading Lady sal op 28 November 2014 in ‘n rolprentteater naby jou begin draai en word versprei deur Ster Kinekor Entertainment.

Amptelike Leading Lady SA lokprent:

Leading Lady Besonderhede

Webtuiste: www.leadingladymovie.com
Facebook: https://www.facebook.com/filmleadinglady
Twitter: @filmleadinglady / Veldtog Hashtags: #LeadingLadyMovie / #BritVsBoer

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button