Alberton HistoryFeaturesLifestyle

Alberton onthou eerste rugby-Springbok

Sy rugby-nalatenskap aan Alberton leef steeds voort, met talle van sy familie en vriende wat steeds in Alberton woon, asook in die annale van Albertonrugby

ALBERTON – Op Saterdag 23 Augustus vanjaar was dit presies sewe jaar sedert Alberton se heel eerste rugby-Springbok in 1958, Johan Steenekamp, in 2007 oorlede is.

In sy 110de herdenkingsjaar sal Alberton vir Johan Steenekamp steeds so onthou:

Wyle Johan Steenekamp het sy naskoolse rugbyloopbaan by Alberton as o.19 speler begin, en in 1958 Alberton se heel eerste rugby-Springbok geword as slot teen die eerste Franse toerspan wat Suid Afrika besoek het in die eerste toets. Later daardie jaar is hy saam met Alberton se heel eerste sport Springbok, 1958 Statebondspele bokser Charl Sam, deur die destydse burgemeester, mnr. Hans Moolman, vereer.

Johan het vir Transvaal van 1954 tot 1965 in meer as 60 wedstryde uitgeblink. Met sy akkurate skopvoet sink hy menige provinsie en stapel 51 punte in sy laaste provinsiale seisoen in 1965 op. Sy loopbaantotaal was 183. In die sportargiewe van die dagblaaie van 1955 oorheers hy die opskrifte van die sportblaaie met sy talle uitmuntende vertonings en skoprekords vir Transvaal.

Tydens die 92-jarige herdenking van Albertonrugby in 2004, onder Gert van der Merwe se voorsitterskap, was hy ‘n eregas daardie aand en het hy in diepte met die Alberton REKORD gepraat oor sy roemryke rugbyloopbaan. Sy rugby-nalatenskap aan Alberton leef steeds voort, met talle van sy familie en vriende wat steeds in Alberton woon, asook in die annale van Albertonrugby.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button