CompetitionsLifestyleLocal newsNews

Anemari Jansen oor die glipstroom van skryf

Anemari Jansen, ‘n inwoner van Alberton, het onlangs haar eerste boek gepubliseer. Die REKORD het met haar te gesels oor haar boek, haar skryfproses en haar rol as skrywer.

ALBERTON – Glipstroom:

Glipstroom, vertel die storie van Maja wat moet aanpas by haar lewe in ‘n padwerk-kamp in die Kavango. Maja se man, Louis, is ‘n ingenieur wat aangestel is om ‘n projek in Kavango te voltooi. Hul verhouding word onder druk geplaas omdat Louis sukkel om sy verlede in die weermag te verwerk. Maja het ook ‘n geheim in haar verlede, wat sy deel met Phineas, die kamp se opsigter.

Anemari verduidelik dat haar boek die storie van begeerte en verlange vertel.

Anemari het groot geword in Alberton. Sy was in Laerskool Generaal Alberts en in Hoerskool Alberton. Sy het self in die Kavango saam haar man gewoon, terwyl hy daar gestasioneer was vir werk as siviele ingeneur. Animari vertel hoe sy baie van haar tyd daar gebruik het om haar te help met haar skryfproses.

Sy lees al van jongs af en geniet dit om stories te vertel. Sy het twee jaar gelede begin artikels skryf en verwerk.

Sy het agt jaar lank geskryf voordat Glipstroom die lig gesien het. Sy verduidelik dat sy agt jaar gelede die idee gehad het en kan dit verduidelik as om die geraamte te hê en so deur die jare het die vleis bygekom.

Sy is dankbaar vir die redakteurs by Human en Rousseau, en beskryf haar pad saam met hulle as ‘n fantastiese leerskool.

Glipstroom is haar eerste gepubliseerde roman, maar sy het die afgelope drie jaar aan drie verskillende boeke gewerk.

Om ‘n kopie van Glipstroom te wen, stuur jou naam, selfoonnommer en die antwoord van die maklike vraag hieronder na 36396 (‘n SMS kos R1.50).

Waar is Anemarie tans woonagtig?

Related Articles

Back to top button