Local sportSport

Lewendige Valke se losskakel van Alberton

DINAMIES: Forrest Roos het vanjaar die Valke by die Coca Cola Craven Week in Middelburg verteenwoordig.

DIE Valke o.18 skolespan se lewendige losskakel is gebore en getoë in Alberton.

Forrest Roos het vanjaar die Valke by die Coca-Cola Craven Week in Middelburg verteenwoordig.

Die jaarlikse o.18 Coca-Cola Craven Week waaraan provinsiale spanne deelgeneem het, is van Maandag 14 Julie tot Saterdag 19 Julie by HTS Middelburg gehou.

Forrest Roos het as losskakel vir die Valke uitgedraf en was die span van die Ooste se puntemasjien. Hy met sy talle doel- en strafskoppe die Valke se o.18 span telbord aan die gang hou.

Hy het sy rugbyloopbaan by Laerskool President Steyn begin en vroeg al vir ‘n provinsiale span uitgedraf. Roos was deel van die 2008 se o.12 Goue Leeus spannetjie, en word weer eens die steunpilaar van die 2009 o.13 Goue Leeus Cravenweekspan wat in Kimberley deelgeneem het.

Hy word as die 2008 en 2009 Sportseun van die Jaar by sy laerskool benoem, waarna hy hom as leerder by Hoërskool Marais Viljoen aansluit.

In 2012 maak Forrest “Gump” Roos weer so. Hy word gekies vir die o.16 Goue Leeus Grant Khomoweek wat in Johannesburg afspeel. Die volgende jaar is Roos weer benoem in die 2013 se Goue Leeus o.19-span wat aan die NWU-PUK Uitnodigingsweek deelneem.

Tans is Roos ‘n leerder by Dr. EG Jansen en word as losskakel van die 2014 o.18 Valke-span gekies wat aan die pasafgelope Cravenweek in Middelburg deelgeneem.

Dr. EG Jansen wen vanjaar die 2014 Tuks Reeks vir hoërskole.

‘n Blink toekoms wag gewis op die lewendige Roos wat tydens die Cravenweek se visier baie sekuur ingestel het om talle van die Valke se teenstanders in ‘n hoek te dryf.

Related Articles

Back to top button