Local newsNews

‘n Geskenk aan die CMR vir hul dienste

GOEIE DAAD: Dis goed om terug te gee

CMR (Christelike Maatskaplike Raad) in Lenninatraat, Raceview, het ‘n donasie van R10 000 van die Alberton Aftree-Oord gekry.

Johan Schoeman het gesê dat hulle gekom het om CMR ‘n geskenk te gee en om hulle te bedank vir die rigting wat hulle aandui in die Alberton gemeenskap.

Dawie Botma het ‘n koevert met R10 000 oorhandig.

Die CMR beskerm, ondersteun en help om die gemeenskap ophef. Die skenking dien as ‘n geskenk van hoop aan mense in nood.

Irene du Toit het vertel dat hulle dit regkry om verder te gaan met wat hulle doen deur die genade van God. Hulle is afhanklik van die hulp van die publiek en skenkings.

CMR se missie is om mense in nood te help deur berading, die identifisering van uitdagings en probleme wat mense in die gesig staar en deur die verskaffing van voedsel vir diegene in nood.

Die belangrikste funksie van CMR is die statutêre dienste vir die beskerming van kinders deur middel van ‘n Christelike benadering. Hoewel hulle ‘n Christelike organisasie is, is hul deure oop vir almal.

Vir meer inligting, kontak 011 907 2922 of e-pos cmralb@telkomsa.net

Related Articles

Back to top button