Local newsSchools

Ories atlete skop stof in ander se oë

Laerskool Orion se landloopatlete het beslis aan die ander deelnemende skole gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Tydens die finale vir Super 12 Landloop wat by die Voortrekkermonument plaasgevind het, het Ories atlete behoorlik stof in ander se oë geskop en algeheel eerste uit 24 skole in die Super 12 Landloopkompetisie geeïndig.

Uitslae was as volg:

• Skoolprestasies:

Seuns eindig algeheel eerste en die dogters algeheel tweede wat Laerskool Orion die oorwinnende skool maak.

• Individuele uitslae:

Mila Scholtz, Minke Scholtz en Pieter Labuschagne behaal eerste plekke.

Steff de Swardt behaal ‘n tweede plek met Rushade Brander ‘n derde plek.

• Spanprestasies:

Die o9 dogters eindig algeheel tweede, o9 seuns eindig algeheel eerste, o10 dogters eindig algeheel vierde, o10 seuns eindig algeheel eerste, o11 dogters eindig algheel derde en die o12 seuns eindig algeheel tweede.

Veertien van Orie atlete eindig onder die top 10 en 22 atlete onder die top 20.

Related Articles

Back to top button