Local news

Jongspan leer meer oor die geskiedenis van Alberton

Kompas Voortrekkers het 'n heerlike dag propvol ervarings op Meyerplaas geniet.

Die dag het ook bygedra tot nuwe kennis toe die jonspan geleer het hoe om ‘n ossewa en kapkar te olie. Vir hulle was dit ‘n groot belewenis om deel te wees in die bewaring van hierdie stukkie geskiendenis van Alberton.

Die Voortrekkers Johan Georg (Org) Meyer en Hester Catharina Elizabeth (néé Mulder) het vanaf Prince Albert gekom met twee waens in die vroeë 1840. Die ossewa was JP Meyer se spogwa wat hul gebruik het om nagmaal toe te gaan en die kapkar is deur een van die oumas gebruik om eiers af te lewer.


Dis mos hoe dit gedoen word om die geskiedenis te bewaar. Die jongspan besig om die ossewa te olie.

Hulle het ook geleer dat die plaas die kruising van die hoofpaaie was met oudste kruisingswinkel in Transvaal wat reeds in 1840 gebou was. Die plaas het ook die oudste perdestalle en daar was ook vir die kinders vertel dat die plaas oorspronklik tot in Heidelberg gestrek het.

Hulle het die dag afgesluit met ‘n lekker uitstappie deur die plaashuis en heelwat van die Meyer geskiedenis geleer.

En wanneer hulle gevra word na die dag se ondervinding is hulle almal dit eens dat dit ‘n voorreg is om ‘n Voortrekker te kan wees.


Dié was die kruisingswinkel op die plaas wat reeds in 1840 gebou was.

Related Articles

Back to top button