Local news

Sonet Shields kuier by Emmanuel

Dit was ‘n groot voorreg vir die Emmanuel groep om deur Sonet Shields getrakteer te word.

Soos altyd, was die Emmanuel byeenkoms weer ‘n feestelike byeenkoms en oudergewoonte was lede weer deur ‘n uitstekende gaskunstenaar bederf.

Sonet Shields het oor ‘n wye spektrum musiek gemaak wat in almal se smaak geval het en met haar sprankelende persoonlikheid het sy die hele gehoor in die palm van haar hand gehad.

Na haar optrede het die lede weer gesellig saamgekuier en heerlike eetgoed, koffie en tee geniet.

Die volgende byeenkoms sal op 19 September om 09:30 vir 10:00 plaasvind waartydens Rudi Claase sal optree.

Almal is welkom en die toegang is gratis. Daar sal wel donasies opgeneem word waarmee die kunstenaar vergoed sal word.

Vir verdere inligting skakel gerus met Marelie Rabie 082 462 8676

Related Articles

Back to top button