Local news

Die T Bussie dagsorg voed die haweloses

Warm sop gegee aan diegene wat minder bevooreg is.

Die T-Bussie Dagsorg in Raceview het vir Mandeladag dit goed gedink om die huislose en minderbevoorregte mense te voer.

Hulle het heerlike hoendersop en brode voorsien aan 100 honger mense.

Almal was gevoed. Foto: T-Bussie

Die ouers en kleuters was van groot hulp om van die bestandele vir die sop saam te stuur en die kleuters het gou geleer waarvoor ‘n rasper gebruik word en gehelp rasper.

Die vrywilligers van die dagsorg het die sop by die NG Kerk Suid afgegee en dit daar bedien.

Lekker kos. Foto: T-Bussie

“Die mense was vreeslik dankbaar en ons het dit goed gedink om dit een keer ‘n kwartaal te skenk en nie net vir Madiba se 67 minute nie. As almal slegs een bestandeel saam stuur kan dit so groot verskil maak en ons wil dit graag meer gereeld doen om meer mense in ons gemeenskap te help,” het Liezel Marais, skoolhoof van T-Bussie gesê.

Related Articles

Back to top button