Local news

Brandpunt Fotoklub se Julie wenners

Peter Thomas en Sarie du Plessis as wenners van Julie aangewys.

Brandpunt Fotoklub het onlangs hulle Julie wenners aangekondig.

Sarie du Plessis het met die junior wenfoto weggestap en Peter Thomas met die senior wenfoto.

Sarie se foto Ware Liefde het die beoordeelaars se harte gesteel terwyl Peter se foto genaamd Melandie Kleinhans het bo al die ander uitgestaan.

Of jy nou Brandpuntfotoklub of Brandpunt Fotoklub skryf, dié is ‘n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton en omgewing. Lede beskryf hulself as‘n jolige groep mense met ‘n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ‘n stokperdjie, en of jy al ‘n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.

Vir nuus oor Brandpunt Fotoklub, besoek hul webwerf, www.brandpuntfotoklub.co.za

Ware Liefde deur Sarie du Plessis.

Related Articles

Back to top button