Local news

Vox Chamber Choir Christmas Concert

Albertonners kan die wonder van Kersfees saam met die SAMA-bekroonde Vox Chamber Choir ervaar.

Die Vox Chamber Choir, onder leiding van komponis-dirigent Franco Prinsloo, nooi alle Albertonners uit om op 30 November die vreugde van Kersfees saam met hulle te geniet.

Die optrede vind plaas in die NG Kerk Alberton-Wes, Forestraat 9, New Redruth om 19:30.

Buiten ‘n keur van a capalla-werke deur die koor, sal die internasionaal bekroonde orrelis, Isabelle van Rensburg, ‘n asembenemende uitvoering van orrelmusiek lewer, en die tjellis Gerrit Koorsen sal gaste se aandag boei met sy keurige vertolkings van Kersliedere.

Soliste uit die koor sal die program afrond.

Die kaartjies is gratis. Dis ‘n lekker bederf vir Albertonners se Kerskous. Daar is wel ‘n beperkte aantal sitplekke beskilkbaar en gaste moet by Tixsa bespreek.

Die Vox Chamber Choir en Franco Prinsloo het sowat ‘n week gelede die SAMA-toekenning in die kategorie Beste Klassieke/Orkesalbum van die Jaar vir hulle album Firebeast verower.

Die inspirasie vir die album is gegrond op ’n gedig van DJ Oppermann, Vuurbees en die album bepleit omgewingsbewaring en volhoubare menslike gedrag.

“Om so ‘n gesogte toekenning te ontvang is ’n geweldige eer. Die SAMA dien nie net as ‘n simbool van erkenning nie, maar ook as inspirasie vir toekomstige projekte,” vertel Prinsloo.

“En wat kan dan nou lekkerder wees as om dié inspirasie uit te leef in ‘n Kerskonsert. Ons hoop ons sien al die Albertonners daar!”

Bepsreek nou by Vox Chamber Choir Christmas Concert

Vir meer inligting, kontak Tiaan Ras by 083 590 3045 of tiaan@etiket.co.za

Related Articles

Back to top button