Local news

Emmanuel-groep het hul laaste byeenkoms vir die jaar aangebied

Emmanuel-groep sluit hul byeenkomte vir die jaar met 'n fees af

JJ Stephens het as gaskunstenaar tydens die Emmanuel-groep se afsluitingsbyeenkoms opgetree.

Hy het Emmanuel se lede verras met musiek uit die verlede wat almal terdeë geniet het. JJ het ‘n punt daarvan gemaak om die gehoor deel te maak van sy optrede.

Die saal was dan ook feestelik versier. Na JJ Stephens se optrede het almal gesellig saam gekuier met heerlike eet- en drinkgoed.

De volgende byeenkoms sal op 18 Januarie plaasvind. Rudi Claase sal tydens die geleentheid optree.

Vir verdere inligting skakel vir Marelie Rabie by 082 462 8676.

‘n Mooi gedekte tafel by die byeenkoms.

Related Articles

Back to top button