Local newsNews

Hemel op aarde fotokompetisie

Die Seester Gemeente in Brackenhurst het hierdie maand begin met 'n fotokompetisie. Die tema vir die kompetisie is, Hemel op aarde oomblikke.

ALBERTON – Dit behels dat jy met jou slimfoon oomblikke vasvang tussen mense wat jy as ‘n “hemel op aarde” oomblik ervaar. Hierdie kan enige oomblik wees waar jy God se liefde raaksien tussen mense. Onthou om die mense te vra of jy hulle mag afneem. So versprei ons ook die feit dat God reeds nou vir ons hemel op aarde skenk en dat ons daagliks daaraan kan deelhê.

Lishje Els meen: “Ons wil almal in Alberton uitnooi om hieraan deel te neem en sodoende ons stad te omskep in hemel op aarde momente.”

Die foto’s gaan Oktobermaand in die Seester Gemeente se kerksaal uitgestal word en al die besoekers kan stem vir hul gunsteling foto. Daar sal ook buitemense gevra word om te kies watter foto’s die beste verteenwoordigend van “hemel op aarde” is.

“Dit is belangrik om te onthou dat hierdie nie ‘n fotografiekompetisie is nie. Dit gaan oor die spesiale oomblikke wat jou laat dink dis hoe dit lyk as dit hemel op aarde is,” verduidelik Lishje.

Die kompetisie sluit 30 September. Daar is dus drie maande om spesiale oomblikke vas te vang.

Daar is geen inskrywingsgelde nie, maar persone mag slegs drie foto’s per persoon inhandig. Almal in die gesin mag deelneem. Elke persoon is self daarvoor verantwoordelik om hul foto’s te druk. Dit moet dan by die kerkkantoor op die hoek van Eva en Naturtiumstrate, Brackenhurst ingehandig word. Suzette, hul administrasiedame is daagliks daar van 10:00 tot 15:00.

“Hierdie is ‘n poging om ons te help om op die positiewe aspekte van die lewe te fokus en die mooi wat God elke dag oor ons pad bring, raak te sien. Kom neem deel en maak hemel op aarde ‘n werklikheid.” het Lishje bygevoeg.

Eerste prys is een nag se bed en ontbyt by Emperor’s Palace. Tweede prys is R 1 000 kontant en die derde prys is ‘n romantiese ete vir twee.

Indien ‘n skoolgaande jongmens die kompetisie wen, sal die eerste en laaste pryse aangepas word in samewerking met die persoon.

Bel gerus vir Lishje Els by 082 359 1284 of Mariska Cilliers by 082 929 8882 as jy enige vrae het.

Related Articles

Back to top button