Local news

‘n Opwindende musikale aand van engele stemme

Hierdie musiek aand het die sangtalent van talle talentvolle kore ten toon gestel.

‘n Musiekaand is op18 September deur die Cantare Kinderkoor saam met die Johannesburg Universiteitskoor (UJ) aangebied.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Renette Bouwer, die dirigent van die UJ-koor op die aand vereer vir haar bydrae tot die musiekwêreld.

Esté Cilliers, projekbeampte van die FAK het die FAK se Anton Hartman toekening aan Bouwer oorhandig.

Hoërskool Dinamika se skoolkoor.

Cilliers het gesê dit was vir die FAK ‘n voorreg om deel te wees van die fees want hulle kon die geleentheid gebruik om Afrikaans te vier en ook hulde bring aan Bouwer, wat Afrikaanse musiek en veral koormusiek in die land lewendig hou. Sy het gesê met Bouwer se uitsondelike talent en liefde vir musiek het sy al baie musikante aangeraak.

Sy het ook gesê ‘n vuurhoutjie kan ‘n kers laat brand, ‘n lamp aansteek of ‘n vuur begin en dat Bower ‘n vrou is wat met haar talent die vlam van musiek aangesteek het in soveel mense se harte.

Harmona Girls Choir.

Bouwer het haar dank uitgespreek aan die FAK vir die toekenning. “Om elke dag te kan doen waarvoor jy lief is ‘n groot voorreg en om daavoor erken te word deur ‘n organisasie soos die FAK, is ‘n absolute eer.”

Sy het ook genoem dit was ‘n baie emosinele oomblik was omdat haar ouers destyds as jong sangers ontmoet het toe hulle in die Anton Hartmankoor gesing het.

Kiewietkoor – Lalerskool Randhart.

Die koorfees was ‘n onvergeetlike aand van pragtige musiek. Almal het gedeel in die vreugde van musiek en die UJ-koor het die verhoog gedeel met die kore van Hoërskool Dinamika, Laerskool Randhart Kiewietkoor en Randrefrein, St Catherine’s School Germiston, Alberview Primary, Dulcet-groep, Cantare Kinderkoor en die Harmonia Meisieskoor.

Die personeel van Cantare het alles georganiseer en die NG Kerk Alberton Suid het die etes verkoop.

Randrefrien – Laerskool Randhart se senior koor.

Die voormalige skoolhoof van Marias Viljoen, Martie Heystek het haar dank namens die organiseerders uitgespreek en gesê, “Dankie aan almal betrokke, asook die puik werk.”

Cantare Children’s Choir.

Related Articles

Back to top button