Local news

NG Gemeente Alberton Suid beplan ‘n groot karnaval

Teken die datum aan en sit solank n geldjie opsy om iets lekker te doen vir n goeie doel.

Die NG Gemeente Alberton Suid in Raceview beplan ‘n groot en baie lekker karnaval op 28 Oktober.

Voorlopige aanduidinge is dat die verrigtinge reeds vroeg die middag gaan begin wanneer daar heerlike warmbrakke en ander eetgoed te koop sal wees vir al die kinders wat uit die skool uit kom en natuurlik vir die wat Vrydae halfdag werk. Daar sal ook reeds van vroeg af allerlei aktiwiteite aangebied word wat oud en jonk sal geniet.

Kom en geniet lekker goed soos skyfskiet, tombola en ander speletjies waar groot pryse gewen kan word. Daar gaan ook ‘n biertent wees met musiek om ‘n lekker stemming te skep.

‘n Groot aantal stalletjies word beplan waar ‘n verskeidenheid aktiwitete aangebied gaan word en iets vir elkeen se smaak te koop sal wees. Daar sal egter ook genoeg eetgoed wees vir die wat nie kan bly nie en iets soek om huistoe te neem vir die gesin se aandete.

Die gemeente se beplanningskomitee vergader tans weekliks op Woensdagaande om idees te oorweeg en besonderhede uit te werk om die karnaval iets besonders te maak.

Die oogmerk is om nie net die gemeente te betrek nie maar om ook na die groter gemeenskap uit te reik en vriende te maak.

Alle fondse wat die karnaval oplewer sal gaan om die kerk se werk voort te sit in ‘n tyd waar die behoefte groot is en by die dag groter word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button