NewsSchools

Afrikaans vat vlam met FAK Skole Ekspo

Die Afrikaanse-Ekspo trek hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aan. Dit staan nou bekend as die FAK Skole Ekspo.Die kompetisie is steeds ‘n kompetisie vir leeders en onderwysers wat verskeie geleenthede bied om in Afrikaans vlam te vat.

JOHANNESBURG SOUTH: Die FAK Skole Ekspo fokus veral op leerder se kreatiewe hantering van Afrikaans. Hul wil ook geskiedenisbewustheid kweek onder jongmense en het dus dit goed gedink om hierdie jaar se tema 1914/2014 te maak. Die jaar 1914 is die jaar waarin Langenhoven die eerste Afrikaaanse spelreëls gepubliseer het.

Leerders kan aan die volgende kategoriee deelneem: historiese/beredeneerde opstelle, dagboekinskrywings, kortverhale, poësie, musiek en lirieke, kuns en fotografie. Daar is ook geleentheid om kortfilms en advertensies in te skryf.

Kategorieë is so gekies dat dit Afrikaans in die klaskamer kan opwindend maak en om potensiële inskrywings in klaswerk te inkorporeer.

Leerders kan in skoolverband of as persoon inskryf vir die Ekspo.

Inskrywings moet elektronies ingestuur word en nie later nie as 31 Julie 2014. Inskrywings kan aan Chrisna Nel gestuur word by ekspo@fak.org.za

Vir meer inligting skakel Hannie Boshoff by 012 301 1777 of stuur ‘n e-pos na hannie@fak.org.za

Related Articles

Back to top button