NewsSchools

KYK: Orion verwelkom hul nuwe hoof

Met groot opgewondedheid het Laeskool Orion hul nuwe hoof, Mark van Rooyen, op November 10 verwelkom.

Die leerders van die skool, leerders van Orionland, die skool se personeel en beheerliggaam, asook gaste van die onderwysdepartement en hoofde van omligginde Alberton skole het op die skool se rugbyveld en paviljoene gewag vir hul nuwe hoof.

KYK: Mark van Rooyen se helikopter arriveer

Om ongeveer 08:30 het almal se koppe lugwaarts gedraai toe ’n dreuning oor die bome gehoor is. ’n Blou helikopter land oomblikke later en Van Rooyen en sy vrou, Grietjie, kom aangestap en groet die skool en gaste.

Mark van Rooyen gee sy eerste toespraak as hoof.

Orion se hoofseun en hoofdogter, Jonathan Niemand en Mia Oosthuizen, het die dag met skriflesing en gebed begin.

Daarna het Amari Kritzinger, voorsitter van Orion se beheerliggaam, die hoof verwelkom en bietjie van sy agtergrond vertel. Van Rooyen het sy militêre diens in die lugmag voltooi, dus die helikopter, en toe ingenieurswese studeer.

In 1993 het hy by Laerskool Willem Cruywagen begin skoolgee en in 2004 na die samesmelting met Laerskool Jan Meyer en die stigting van Laerskool Orion die onderhoof posisie ingeneem.

Van Rooyen het die skool die eerste keer as hoof aangespreek.

Mark van Rooyen lui die klok om die begin van sy nuwe loopbaan te vier terwyl die hoofleiers balonne laat gaan.

“Dit is ’n groot eer om die hoof te wees,” het hy gesê.

“Die belangrikste deel van die skool is die leerders en dat hulle gelukkig is. Dit is my hoop dat iets van Orion by hulle sal vassteek en dat hulle dit sal saam dra hoërskool of na hulle werke toe.”

By Orion is dit ’n tradisie dat die skool se spesiale klok gelui word by die begin van ’n nuwe loopbaan. Die Graad Eens lui die klok wanneer hulle by die skool begin en die Graad Sewes wanneer hulle dit verlaat.

Mark van Rooyen saam met Orion se hoofleiers: Divan Potgieter, Divan Hanekom, Nathan Kearns, Jonathan Niemand, Mia Oosthuizen, Jean Mari van Westing, Michelle Ferreira en Megan Carstens.

Van Rooyen het ook sy geleentheid gekry om dié klok te lui om die begin van sy nuwe loopbaan by die skool te vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button