Local newsNews

Elsie en Willem vier 55ste huweliksherdenking

55 jaar vol mooi herinneringe.

Elsie Johanna Jacobs (73) en Willem Johannes Lourens Jacobs (77) het op 5 Februarie hulle 55ste huweliksherdenking gevier.

Elsie woon al vir 65 jaar lank in Alberton en Willem is die afgelope 77 jaar ‘n Albertonner.

Hul dogter, Elsie Oosthuysen, vertel dat Willem in Alberton gebore is en dat albei haar ouers leerders van Laerskool Paul Kruger en Hoërskool Alberton was.

Die egpaar het drie kinders en ses kleinkinders.

Elsie het namens die kinders en die kleinkinders die volgende geskryf:

Aan ons liewe ouers,

Noudat julle in die herfsjare van julle lewe is het ons ‘n behoefte om die volgende te sê:
Ons wil net ons ouers gelukwens met hulle 55ste huweliksherdenking.
Ons betuig ons dankbaarheid aan julle.
Dankie dat julle ons as geskenke ontvang het, en met ywer, liefde en oorgawe liefhet.
Dankie dat julle die taak as ouers aangegryp het.
Dankie vir die onbaatsugtige en onbenoemde offers wat julle lewenslank al bring, om ons lewens te verbeter.
Dankie vir die geduld om dit herhaaldelik oor en oor te doen.
Dankie dat julle onwrikbaar die paadjie saam ons stap.
Dankie dat julle ons as kinders, die skoonkinders en kleinkinders aanvaar en liefhet nes ons is.
Dankie dat julle goeie ouers is, en ‘n voorbeeld is waarna ons kan streef.
Julle skaduwees sweef deur en saam ons elke dag, so seker soos elke dag môre die son weer helder sien skyn.
Dankie is ons enigste woorde.
Liefde, julle kinders en kleinkinders.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button