Local newsNews

Die oudste sinkhuis in Alberton

Die sinkhuisie op Vyfde Laan is 117 jaar oud.

Terwyl die mense van Suid Afrika hulle erfenis vier, vier ’n Alberton burger haar eie stukkie erfinis wat eg eie aan Alberton is.

Reeds van 1995 is Annetjie Kurtley die trotse eienaar van die oudse volledige sinkhuis in Alberton.

Die sinkhuis op Vyfdelaan is in 1903 opgerig op ’n vryleen erf. Die eerste eienaar, ’n meneer Hartman, het die huisie gekoop. Hy het destyds ’n melkery besit op die hoek van Charl Cillierslaan en Hendrik Potgieterstraat. Na sy afsterwe is hy begrawe in die sirkel begrafplaas in Negendelaan.

Annetjie het in 1995 na die huis langs die sinkhuisie getrek en die sinkhuisie ingerig as salon wat sy steeds bestuur. “Toe ek dit koop was dit maar baie rof en grof,” vertel Annetjie. Sy het toe dit opgeknap en mooigemaak.
“Ek het dit gedoen omdat dit so spesiaal is.”

Van daardie dag af versorg sy haar klante in die sinkhuisie wat selfs nog die oorspronklike vensters en deure het.
Vir Annetjie is dit baie belangrik dat hierdie stukkie geskiedenis behoue bly.

“Ons kan nie ons geskiedenis weggooi nie,” het sy gesê.

Vir beide haar nageslag en die mense van Alberton hoop sy dat hierdie geboutjie nog lank sal behoue bly.

Die sinkhuisie op Vyfde Laan is 117 jaar oud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button