Local newsNews

Inspirasie uit musiek- en woordkuns

Gratis virtuele musiek- en woordkunsvertoning oor die Psalms gaan inspireer.

Teoloog, skrywer en geloofsbegeleier Dr Ronell Bezuidenhout bied 23 Augustus om 7nm ’n virtuele musiek- en woordkunsvertoning oor die Psalms in samewerking met bekroonde sanger, liedjie-skrywer, kabertkunstenaar en kunste-entrepreneur Petronel Baard.

Die vertoning volg nadat Petronel pas ses toonsettings en verwerkings van die Psalms opgeneem en op video vrygestel het.

Die toonsettings is gedoen as deel van Ronell se reeks AlPsalmend, wat bestaan uit 40 dae se mediatiewe dagstukkies, asook ’n vier-weke kursus oor die Psalms.

Petronel het ’n uitsoekversameling van die Psalm-toonsettings gekies en Ronell het daarna gedigte oor die spesifieke Psalms geskryf wat hulle in ’n kubervertoning verpak het.

“Generasies heen dink mense oor die Psalms. Maar dit kan nie net by dink bly nie, want ons moet onthou die Psalms is liedere wat gesing moet word – en hoe mooi is dit nie om dit saam met iemand te doen wat die gawe het om dit te toonset nie?

“Dit is waarom ek dit saam met Petronel wou doen. Die Psalms is terugskouend geskryf en gesing dat mense kan onthou wat God gedoen het, sodat hulle daarom kan aanhou hoop op wat God gaan doen. Die Psalms is ons geheue,” vertel Ronell.

Ronell se gedigte in die vertoning is geïnspireer uit die daaglikse oordenkings wat sy vir die 40-dae reeks geskryf het.
Die reeks bestaan uit 40 daaglikse WhatsApp boodskappe oor die Psalms. Dit word aangevul met musiek-speellyste, daaglikse webwerf- en sosiale media-plasings en ook ’n vier-weke indiepte-kursus oor die Psalms.

Die reeks loop vandeesweek tot ’n einde en dan begin ’n nuwe reeks, “Helende Hoop” oftewel “Hoop wat Heelmaak”.
Petronel en Ronell stel die vertoning Sondagaand gratis op hulle Facebook-blaaie vry, maar sal geleentheid vir donasies bied.

Kyk gerus na die video waar Petronel en Ronell oor hulle samewerking en reis “Al Psalmend” op pad na die kubervertoning gesels.

https://www.facebook.com/1313944325327919/posts/3156791544376512/

Besoek www.petronelbaard.com vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 8 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Back to top button