GalleriesNews galleries

GALLERY: Wees ’n OKgrl!

Urshela Schutte van Brackendowns het net sewe maande terug haar eie klerereeks, OKgrl, bekendgestel, en tot dusver is dit ’n groot sukses.

SY is Albertonner in murg en been, maar dit is nie net haar tuisdorp wat haar na aan die hart lê nie, maar ook vrouwees en ok-wees.

Urshela Schutte van Brackendowns het net sewe maande terug haar eie klerereeks, OKgrl, bekendgestel, en tot dusver is dit ’n groot sukses.

Die RECORD het met haar gesels oor haar reis en die inspirasie agter haar klerereeks.

OKgrl gaan oor gemak, om jouself te wees, en dit is ook waar die naam OKgrl vandaan kom. “Of jy nou maer of vet is, jy moet net ok wees,” voeg Urshela by.

“OKgrl gaan oor persoonlikheid, openhartigheid en oorspronkliheid. As jy my klere aantrek gaan jy gemaklik wees. Vroue voel soveel verantwoordelikheid dat ons vergeet dat ons net mens is,” het sy gesê.

Dit gaan nie oor voorgee nie, dit is klere wat nie in die winkels gaan beskikbaar wees nie, maar dit is bekostigbaar.

“Dit is regtig vir meisies wat by die huis kom en hulle bra’s en hakke uittrek. Dit is gemaklik en anders,” het sy gesê.

Urshela bring binnekort haar eie aanlyntydskrif uit, OKgrl Talk Magazine.

Sy het 20 jaar bemarkings-ondervinding by Edcon opgedoen toe sy besluit het om haar eie reeks te begin.

“Dis ’n keuse om te besluit of jy gelukkig gaan wees of nie. Partykeer is dit nie so maklik nie, maar dit is ’n keuse wat jy moet maak,” het Urshela bygevoeg.

“As jy opstaan vandag en jy gee jou alles, en dit werk net nie meer nie, is dit tyd om jou lewe te herdink.”

Urshela glo daarin dat vroue mekaar moet ondersteun en sy glo OKgrl het ’n siel en ’n hart vir vrouens van alle groottes en kleure.

GALLERY:

Related Articles

Back to top button