Local newsNews

Bejaardes hou Kersfees

Zanelle Huyzers wou Kersfees vir die bejaardes van Silverkroon spesiaal maak.

ZANELLE Huyzers het op 8 Desember bejaardes by Silverkroon Tehuis in Raceview bederf.

Dit was haar plan om vir elke bejaarde ’n boks vol verskeie items vir Kersfees te gee.

“Bejaardes lê baie na aan my hart en ek wou net Kersfees vir hulle spesiaal maak,” het Zanelle gesê.

DANKBAAR: Kenzie Bradford, Zanelle Huyzers en Kevin Peel (paramedikus van National Paramedical Services).

Sy het ’n wenslysie opgestel waar bejaardes vrae beantwoord het van wat hulle graag sou wou hê. Nadat sy dit terug gekry het, het sy seker gemaak om van die gemeenskapslede te betrek om haar te help om van die items te koop.

“Ek wil net dankie sê aan almal van National Paramedical Services vir die boerewors rolle en geskenkpakkies wat hulle geskenk het. Dankie ook aan almal wat my bygestaan het. Sien, saam kan ons ’n verskil maak.”

FEES: Bejaardes by Silwerkroon het vanjaar Kersfees bietjie vroeër gevier.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Back to top button