GalleriesSports galleries

GALLERY: Gimnaste deur na kampioenskappe

Baie geluk aan die gimnaste.

HOËRSKOOL Marais Viljoen se gimnastiekmeisies het onlangs aan die Gauteng Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem.

Hulle het baie goed gedoen en al die gimnaste kwalifiseer om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in die Oktobervakansie plaasvind.

SPAN: Hier is Chanté Swart saam met Cecile Prinsloo (afrigter).

Hier is hulle resultate:

• Cayla Jansen van Vuuren (Graad Agt) neem deel aan Level 5 en was algeheel eerste.

• Sunel Pretorius (Graad 10) neem deel aan Level 5 en kwalifiseer.

• Caitlynn Fairman (Graad Nege) neem deel aan Level 6 en behaal ’n algehele eerste plek.

• Chanté Swart (Graad Nege) neem deel aan Level 7 en eindig sesde.

• Louise de Villiers (Graad Nege) neem deel aan Level 8 en behaal ’n algehele vierde plek.

Die skool is baie trots op die gimnaste en bedank ook hulle afrigter, Cecile Prinsloo, vir al haar insette.

PRAGTIG: Cayla Jansen van Vuuren het ook ’n eerste plek behaal.
GRAAD Nege: Caitlynn Fairman het ’n eerste plek behaal.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Back to top button