Local newsNews

Eerste pastorie-baba vir NG Alberton-Wes

Deon en Anél is dit eens dat hulle elke eerste saam met Marié-Daleen gaan koester en uitrek solank hulle kan.

WIE het nou kon dink dat daar in ’n gemeente met ’n 70-jare-lange geskiedenis steeds plek vir eerste dinge kan wees?

Die koms van baba Marié-Daleen Louw, die eersteling vir Ds Deon en Anél Louw, het toe sommer ’n hele klompie eerstes vir die gesin aan die lig gebring.

Marié-Daleen, die eerste pastorie-baba van Swartland pastorie (soos die pastorie bekend staan), is op 24 Julie om 12.34nm in die Clinton Hospitaal gebore. Sy is die eerste baba vir ’n permanent aangestelde predikantspaar by die NG Gemeente, Alberton-Wes.

Wanneer mens dan met Deon en Anél gesels, en die kleinding ontmoet, kom mens vinnig agter dat daar meer as net dié eerste vir die gesin is, en dat hierdie eerstes meestal verband hou met die gemeente waar hulle leraarspaar is.

As eersgeborene vir Deon en Anél is sy ook die eerste kleinkind vir ouma Marié-Daleen en oupa Tinus Deysel en dan ook na ouma Deysel vernoem.

Dit is ook in Swartland pastorie waar haar pa en ma die eerste keer vir mekaar flikkers gegooi het.

“Ek en Anél het in hierdie huis, hier waar ons nou sit, ontmoet tydens die byeenkoms van ’n omgee-groep.”

Dit nogal by die gemeente waar Deon sy eerste beroep aanvaar het en waar Deon en Anél ook as die eerste predikantspaar uit die kerkgebou vanuit die NG Gemeente Alberton-Wes getroud is.

Vir ma Anél was die hele geboorte, waarna sy met afwagting uitgesien, het vol eerstes. Vir die geboorte van hul eersteling moes sy vir die eerste keer in haar lewe hospitaal toe.

“Ek was in my lewe nog nooit in ’n hospitaal as pasiënt nie. Daar was baie dinge waarvoor ek skrikkerig was maar genadiglik het alles goed afgeloop.”

Deon vertel: “Daai eerste huil was die mooiste geluid. Om te kan asemhaal en te besef alles is reg. Toe ek vir Marié-Daleen vir die eerste keer vashou het ek vir die eerste keer besef mens kan twee vroue tegelyk so ongelooflik liefhê.”

‘Ons het vir jou gewag’

“Sjoe, niks kan mens hierop voorberei nie. Dit is ’n ongelooflike voorreg wat jy nooit as vanselfsprekend mag aanvaar nie,” het hulle gesê.

“Wanneer mens haar in haar krippie neerlê of vashou is dit sulke oorweldigende oomblikke dat mens weet jy sal dit nie anders wil hê nie,” het Deon gesê.

“Ons sê juis vir mekaar mens kyk met ander oë na jou eie ma wanneer jy eers jou eie kind kan vashou.”

“Mens vergeet jy het dalk net drie ure geslaap of sy het gehuil het en mens vergeet sommer net alles wanneer sy na jou kyk. Dan sien mens net liefde,” het Anél gesê.

Marié-Daleen het ook voor geboorte al haar Zulu-naam van die huishulp, Dinah Mahlangu ontvang.

“Sy het die naam Lindiwe vir haar gekies wat beteken ‘Ons het vir jou gewag’. En ons het vir haar gebid, gewag en nou is sy hier,” het die twee met ’n glimlag vertel.

Dié kleinding het nie net vreugde in die Louw-huishouding gebring nie, nee sy het sommer ’n hele gemeente wat al lank na haar aankoms uitsien.

“Ek was bederf met ’n wonderlike babatee deur die gemeente en daar is net soveel mense wat omgee en vir haar gaan lief wees,” het Anél gesê.

Vir tyd en wyl wing (soos Deon en Anél dit noem ) die twee nog elke dag soos dit kom en dan is dit volgende groot dag, iewers in September wanneer Pa Deon baba Marié-Daleen se doop sal waarneem terwyl sy in haar ma se dooprok getooi sal wees.

Deon en Anél is dit eens dat hulle elke eerste saam met Marié-Daleen gaan koester en uitrek solank hulle kan sodat die eerstes net so lekker sal wees as die laastes van daardie eerstes soos wat hul kleinding sal oorstap in die nuwe fases van haar lewe.

Lees Ook:

Pastor Abe launches his book

New church leader welcomed at induction breakfast

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button