Local newsNews

Saam het hulle gebou en gebreek

Die Schmidt’s is een van die eerste inwoners van Randhart gewees.

ROBBIE en Lenie Schmidt het op 1 Julie vanjaar vir 50 jaar lank in hulle huis gebly.

Hulle het in 1968 die huis vir slegs R12 000 gekoop en dit was ook een van die eerste huise in Randhart. Saam het die paartjie aan die huis gewerk, gebou en gebreek. Hulle het nog nooit tuindienste of ’n huiswerker gehad nie en doen al hulle take self.

“Dit is nie dat ons nie werk wil skep vir ander nie, maar dit was vir ons nog altyd lekker om dinge self te doen en in vandag se tyd is dit baie beter vir ’n mens se veiligheid,” het Robbie gesê. Robbie het die hele tuin self uitgelê en die visdamme gebou. Hulle het al die vertrekke in die huis saam geverf. Lenie het sement aangemaak en Robbie die teëls aangelê.

Hulle het eers in Johannesburg gebly en toe kon hulle ’n huis in New Redruth kry.

“Ons het rond gery deur die Alberton area en toe kom ons op ons huis af. Ek het hom gekies omdat daar baie sonlig inkom,” het Robbie vertel.

Hy was in daai tyd net vir R12 000 goedgekeur en saam sy vrou het hulle toe besluit om die huis te koop. Hulle afbetaling op die huis was R33. Een van die eerste dinge wat hy gebou het, was ’n raam vir die kaggel in hulle sitkamer. Volgens Lenie is die huis al baie uitgebrei en mooi gemaak.

Robbie, die Hollander

Robbie (79) is op 16 Oktober in 1939 gebore in Tuel in Holland. Hy het saam sy gesin tydens die Tweede Wêreld Oorlog verhuis na Suid-Afrika omdat daar tydens die oorlog ’n groot nood aan alles in Holland was.

“My pa het nie vir ons ’n toekoms in Holland gesien nie.

“Uit die drie broers het ek in Parklands in Johannesburg aangekom in 1952. Ek het by Nedbank gewerk van 1959 tot 2000 waar ek as senior bestuurder afgtree het.

“Ek het maar 69 pond verdien, maar dit het ons laat lewe,” het hy met ’n glimlag gesê.

Robbie is ’n baie groot plantliefhebber en is betrokke by filatelie, die versameling van en studie van posseëls. Hy was al verskeie kere oorsee en hy het ook ’n boek waar hy foute van seëls uitdui en inhandig.

Lenie, die Gautenger

Lenie (76) is in Edenvale gebore en het na skool as ’n klerk by Nedbank in Johannesburg begin werk. Dit is ook hoe sy en Robbie ontmoet en verlief geraak het.

“Ek het nie baie lank gewerk nie. Ek het in 1961 bedank weens die bank wat nie vir my ’n verhoging wou gee nie weens my ouderdomsgroep,” het Lenie vertel.

Robbie het toe aan haar gesê dat hy vir haar sal sorg en dat sy by die huis kan bly. Lenie is baie goed met borduurwerk en sy is ook baie kreatief. Sy stal gereeld haar produkte by vlooimarkte uit.

“Ek hou ook van kook en bak. Ek lees ook graag wanneer ek tyd kry,” het sy gesê.

Meer oor die paartjie

Die Schmidt’s is op 1 Februarie in 1964 getroud en is al vir 54 jaar lank getroud. Volgens hulle is die wenresep om saam te werk en spaarsamig te lewe.

“Don’t do like the Johnsons,” het Robbie gesê. Hy het ook gesê dat jy nie iets nodig het as jy dit nie kan beskostig nie. “Moet nie in kompetisie wees nie, want jy gaan jou vingers brand.”

Hulle het nog nooit in hulle lewe skuld gehad nie en Robbie het gesê dat Lenie baie spaarsamig werk.

“Partykeer is sy te spaarsamig, maar dit is ’n goeie ding. Ons is vandag op pensioen en ek is nie ’n miljoenêr nie, maar ons kan gemaklik lewe,” het Robbie gesê.

Die paartjie het twee kinders en twee kleinkinders. Hulle het ook onlangs deur Europa getoer en is dit vir hulle ’n doelwit om soveel as moontlik van die wêreld te sien.

TROTS: Robbie Schmidt voor sy huis in Randhart waar hulle al vir 50 jaar lank woon.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button