Editor's choiceLocal newsNews

Oom Karoolus en Lente – Die Moewie!

Oom Karoolus en Lente: Die Moewie wys op 29 November by Ligstad, Alberton om 18:00 vir 18:30. Hierdie is ‘n moet!

ALBERTON – Oom Karoolus en Lente is geen vreemdelinge in die Afrikaanse kindermusiek bedryf nie. Met meer as twee dekade se ervaring, is die duo opgewonde om die vrystelling van hul jongste projek (in samewerking met Brettian Productions) aan te kondig: ‘Oom Karoolus en Lente – Die Moewie.’

Die Storielyn

‘n Lang vergete pakkie in die pos vir Karoolsie, sit ‘n groot avontuur aan die gang vir Oom Karoolus en Lente! Wanneer die crooks, Grootoor (Leon Ferreira) en Shorty (Steyn Fourie), ‘n geleentheid onderskep en met Oom Karoolus (Cor Uys) se motor wegjaag, is daar groot moeilikheid want Lente (Letitia Uys) lê agter op die sitplek en slaap!

Lente is egter koel en kalm en verklap in haar onskuld dat sy en Oom Karoolus oppad is na sy oupa se plaas waar hulle na ‘n skat gaan soek. Natuurlik stel die twee skelms baie belang en maak hulle planne om die skat te kry, maar ‘n groot verrassing wag vir hulle almal wanneer hulle by die skat uitkom!

Met Ghapi as Piet Posman, en Bouwer Bosch as Kaptein Flits Venter van die Blue Chip soekspan, is hierdie ‘n fliek vir die hele gesin met baie pret, spanning en ‘n groot boodskap!

Agter Die Skerms

Meeste van die fliek was in die Springbokvlakte in Limpopo geskiet rondom Tuinplaas, onder die leiding van Corrie Uys. Die produksie het ongeveer 10 maande gevat om af te handel, waarvan ‘n maand spandeer is op die skiet van die moevie self.

Sê Corrie: “Ons het ‘n wonderlike span gehad tydens die verfilming van die fliek, en die hele proses was ‘n fees. Om saam met mense te werk wat so passievol is soos jy oor die medium, asook die boodskap en visie van die projek, is ‘n voorreg.”

‘Oom Karoolus en Lente – Die Moewie’ sal in November op DVD beskikbaar wees by jou naaste winkel. Om meer oor die vervaardiging van die fliek te lees, besoek https://oomkaroolusenlentemoewie.co.za

“Like” Oom Karoolus en Lente op Facebook: https://www.facebook.com/maranataland

Oom Karoolus en Lente: Die Moewie wys op 29 November by Ligstad, Alberton om 18:00 vir 18:30. Kaartjies verkoop teen R30 per persoon.

Vir meer inligting kontak Brettian Productions Bridgette Erdey 011 622 3356 of 076 053 9252 of e-pos bridgette@brettian.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button