NewsSchools

GALLERY: Hoërskool Alberton 70ste verjaardag viering

Hoërskool Alberton het vanaf 7 tot 12 Mei die skool se 70ste verjaarsdag gevier en hulle het groot gegaan.

HOËRSKOOL Alberton het vanaf 7 tot 12 Mei die skool se 70ste verjaarsdag gevier en hulle het groot gegaan.

Die hele week was daar iets prettigs vir leerders en onnies om te doen. Maandag het hulle ’n toutrekkompetisie gehad, Dinsdag lekker boeresports, Woensdag ’n Lip Sync kompetisie, Donderdag ’n Hemelvaartdiens saam met Laerskool President Steyn en op Vrydag het die onnies teen die eerste spanne van die skool kragte gemeet.

TREK: Hier is van die leerders tydens die toutrekkompetisie op 7 Mei.

“Op Vrydag is die skool se nuwe netbalbane ook ingewy,” het Eline Jordaan, adjunkhoof, gesê.

Nie net het die skool 70 geword nie, maar dit was ook geesbou vir die groot Alberton Derby wat op 12 Mei plaasgevind het.

TROTS: Hier is Jonathon Potgieter (Allies kaptein), Toks van der Linde en Christen Marais (Namies kaptein).

Dr Jorrie Jordaan, die skoolhoof, het ook tydens die week ’n koek gesny en leerders en onderwysers het elkeen ’n stukkie gekry.

“Dit was ’n prettige week met baie vermaak en lag,” het Jordaan gesê.

KRUIWASTOOT: Op 8 Mei het die skool boeresports ter feesvieringe van hulle 70ste verjaarsdag gehad.
KYK WIE IS BAAS: Onnies warm op voor hulle teen die eerste netbalspan gaan speel.
HEMELVAART: Leerders van Hoërskool Alberton en Laerskool President Steyn tydens ’n Christelike opvoering op Hemelvaartdag op 10 Mei.
GROOT EER: Dr Jorrie Jordaan (hoof) besig om die skool se verjaarsdagkoek te sny.

READ:

Nuwe leerlingraad vir Hoërskool Alberton

Hoërskool Alberton blown away by Transvalia

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button