DIT was ’n heerlike sportdag by Hoërskool Alberton tydens die jaarlikse Alberton Derby byeenkoms wat op 12 Mei gehou is.
Rugby- en hokkiespelers het hulself vir ’n groot dag gereedgemaak. Allies se pom-poms groep was ook teenwoordig en het vir goeie geesbou gesorg.
Volgens Eline Jordaan, adjunkhoof van Hoërskool Alberton, was dit ook ’n goeie manier om Allies se 70ste verjaarsdag feesweek af te sluit. Die eerste rugbyspan het Dinamika met 51-14 geklop. Spelers van die wedstryd was Jimmy Dadswell, Francois Myburgh, Sefundo Nkosi, PJ van der Merwe en Jonathan Potgieter.
Ander rugby uitslae: o-14 verloor met 7-21; o-15 wen met 12- 0; o-16 wen met 35-7 en die tweedes wen met 19-5.
KYK:
Hokkie uitslae: o-14 speel gelyk op met 0-0; o-15 verloor met 0-2; o-16 verloor met 0-5; tweedes speel gelyk op met 0-0 en eerstes wen met 4-2.
KYK:
Die skool het al hulle borge, ouers, onderwysers, ondersteuners en spelers bedank vir al hulle harde werk en insette.
READ:
Allies are the champions again
GALLERY: Allies finally beat Dinamika
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.