School sportSport

Laerskool Randhart bewys weer eens hulle is die beste

Baie geluk, Ranties.

LAERSKOOL Randhart het onlangs weer eens bewys hulle is die beste van die beste op die sportveld.

Op 9 Februarie het Laerskool Randhart by die distrik se toekenningsaand met twee toekennings vir 2017 weggestap.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar is hulle as die beste sportskool in die distrik aangewys en die o-12-netbalspan van 2017 is ook aangewys as die beste netbalspan van die jaar, aangesien hulle die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gewen het.

“Baie geluk, Ranties. Julle is die sterre wat Laerskool Randhart laat skitter en hierdie toekenning, as beste sportskool in die distrik, word spesiaal aan julle opgedra,” het Michael Boucher van die skool gesê.

BESTE NETBALSPAN: Voor: Zanique Swanepoel, Jané Mulder (kaptein), M Steenkamp (afrigter), Erin Pieterse en Crystal Butler. Agter: Marleen van der Merwe, Rioné Bole, Charissa Botha en Caitlin Grobler.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button