Local newsNews

AfriForum Alberton skenk water aan Kaapse DBV’s

Hierdie water gaan na verskeie takke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Kaap vervoer en versprei word.

AFRIFORUM se Alberton-tak het op 13 Februarie 2018 ongeveer 800 liter water aan die Brackenhurst Veeartsenykundige Hospitaal geskenk.

Hierdie water gaan na verskeie takke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Kaap vervoer en versprei word.

Die plaaslike gemeenskap het tot dusver ongeveer 655 liter boorgatwater en 135 liter reënwater ingesamel wat deur Bronco Tool Hire by die veearts afgelewer is.

“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir hul bereidwilligheid om betrokke te raak. Hierdie dien weer eens as ’n bewys van die krag van ’n gemeenskap wat saamstaan en mekaar in nood help,” het Machiel Pelser, woordvoerder van AfriForum se Alberton-tak vir hierdie projek, gesê.

Raak vandag betrokke en SMS “Alberton” na 45342 (R1 per SMS).

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button