Local newsNews

Skepper van Haasdas se temamusiek oorlede

Bekende Albertonner sterf.

BENNIE Bierman (77), ’n bekende in Alberton en in Afrikaanse musiekkringe asook radio-omroeper op RSG, is op Maandag, 1 Januarie oorlede.

Die FAK betuig hulle innige meegevoel met Zirkia (Kia) en kinders met die afsterwe van Bennie. Bennie is sedert vroeg Augustus 2017 in die Alberton Netcare Union hospitaal opgeneem weens komplikasies na ’n operasie. Daarna het hy tussen sy geliefdes en musiek probeer aansterk. Bennie het op 1 Januarie gesterf.

Op 4 Augustus het die Cantare Kinderkoor ’n koorfees aangebied waar hulle Bennie vereer het. Tydens die fees het hy ’n FAK Prestige-toekenning ontvang vir sy positiewe bydrae tot Afrikaanse musiek.

Dr Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, het die FAK Prestige-toekenning in die hospitaal aan Bennie oorhandig.

Tydens die geleentheid het Langner die volgende gesê: “Die FAK oorhandig dié toekenning aan Bennie Bierman om dankie te sê vir ’n leeftyd se liefdeswerk. Oom Bennie was tussen 1981 en 1995 die hoof van musiek by die SAUK. Saam met persone soos Anton Hartmann het hy die 1979 FAK-Sangbubel saamgestel, en die temamusiek vir onder andere Haasdas se Nuuskas en Bart Nel geskryf. Oom Bennie was komponis van Afrikaanse koorwerke wat ook internasionaal opgevoer is. Sy groot liefde is natuurlik die Albertonse mannekoor. Na sy aftrede was hy tot 1999 steeds die samesteller en aanbieder van die program Knapskoot op RSG. Hy het hom deur die jare onderskei as een van die land se top-musiekbeoordelaars, onder andere van boeremusiek. In die nuwe FAK-Sangbundel is Jagterslied opgeneem, waarvan hy die note en woorde gekomponeer het.”

Langner het met die Bierman-gesin gesimpatiseer en gesê dat Psalm 16 een van Bierman se gunsteling liedere is. “Tydens ons gesprek, in Augustus 2017, het hy genoem een van sy gunsteling liedere is die verwerking van Awie van Wyk se Psalm 16: ‘Here U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang kom alles van U af.’”

Langner het ook genoem dat Jagterslied (soos dit verskyn in die FAK-Sangbundel) is ’n samevatting van Bierman se lewensbeskouing:

“Hier in die suidland van Afrika lê ons spore ver en wyd, onder die winter en somerson jag ons met ned’righeid. Deur die jare heen het ons bewaar met eerbied vir ons land en respek vir mekaar. Daar waar die springbok en koedoe wei, waar die voëls op die winde sweef, sien ons die hand van die Opperheer wat mens en dier laat leef. Met ons kundigheid sal ons bewaar vir môre wat nog kom vir kinders in Afrika.”

Die troosdiens van Bennie sal DV Donderdag, 4 Desember om 11vm plaasvind vanuit die NG kerk Alberton Wes, New Redruth. Die diens sal gelei word deur prof. Andries Breytenbach van die Colesberg distrik.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button